Spaar jou belegging jou belasting?
Die 2020-belastingsjaarend kruip nader en belastingbetalers moet vroegtydig reeds hul opsies oorweeg. Aftree-annuïteite en pensioenfondse is sekerlik die gewildste belasting-doeltreffende beleggings-instrumente. Daar is egter ’n nuwe geleentheid wat dalk meer aanloklik en doeltreffend vir sekere beleggers mag wees.
Die Nasionale Tesourie, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens (SAID), het ’n baie aanloklike toegewing aan belastingbetalers gestel met die bekendstelling van Artikel 12J van die Inkomstebelastingwet.
Artikel 12J gun belastingbetalers die kans om enige kapitaal wat in ’n geregistreerde 12J-fonds belê word, in totaal vanaf hul belasbare inkomste af te trek. Anders as die pensioenfonds-aftrekking, word die 12J-aftrekking nie tot 27.5% (of R350,000) van belasbare inkomste beperk nie, maar tot R2.5 miljoen. Dit beteken dat, indien beleggers ’n bedrag belê wat gelyk is aan hul belasbare inkomste, hulle geen belasting in die huidige jaar van aanslag moet betaal nie.
Die enigste vangplek is dat die geregistreerde 12J-fondse slegs in Suid-Afrikaanse Klein-en Medium Sake Ondernemings (KMO’s) én hotelle mag belê. Volgens beleggingsteorie is hierdie tipe beleggings meer riskant as pensioenfondse en dit is juis waarom Nasionale Tesourie die beleggers se risiko met ’n belasting-aftrekking vergoed.
Die Artikel 12J-industrie het ruim groei sedert 2015 beleef en daar word beraam dat daar reeds meer as R7 Miljard in hierdie industrie belê is. Artikel 12J-fondse het oor die algemeen ’n uiters positiewe uitwerking op die sukkelende Suid Afrikaanse ekonomie en het al werksgeleenthede in die duisende geskep.
Pensioenfondse en ander institusionele beleggers op die Johannesburgse Effektebeurs het die afgelope paar jaar swaar gekry, met opbrengste wat sukkel om inflasie by te bly. Indien beleggers hul 12J-beleggings goed diversifiseer kan dit die risiko verlaag en sterk in oorweging gebring word.
Indien ’n belegger ’n belasbare inkomste van R2.5 miljoen het, sou die belegger R 967,821 aan die ontvanger oorbetaal. Sou die belegger egter R1 miljoen belê in ’n geregistreerde 12J fonds, sou dit die belasting met R450,000 na R 517,821, verminder.
Die belegging moet dan vir ten minste 5 jaar gehou word. Indien die belegging na 5 jaar verkoop word, moet die belegger kapitaalwinsbelasting op die volle bedrag betaal. Dus, as die bogenoemde belegging vir R1 miljoen verkoop word, is die effektiewe kapitaalwinsbelasting R 180,000 voor enige kortings.
Die voorbeeld toon dat sonder enige groei, die belegger ’n opbrengs van R270,000 uit die netto belastingbesparing sal realiseer. Beleggers het ook natuurlik die keuse om nie die belegging te verkoop nie en dan die kapitaalwinsbelasting van R180,000 te spaar.
Beleggers moet seker maak dat die 12J-fonds oor ’n gesonde geskiedenis en portefeulje beskik en reeds ’n paar jaar betrokke is in die industrie.
Een van hierdie geregistreerde 12J-fondse is Anuva Investments in Kaapstad, wat oor ’n gediversifiseerde portefeulje van klein-en medium ondernemings beskik wat van Angora-bok kouse vervaardig (Cape Mohair) tot die ou “Early Bird” wat enige toestel kan herstel (Mastercare) en ook ’n selfoondiensverskaffer (NuMobile).
Verder het Anuva aan die einde van 2019 ’n hotelportefeulje in samewerking met Flyt Property saamgestel, wat beleggers die kans gun om in deeltitel-hotel-woonstelle (“Aparthotel”) te belê en sodoende die 12J-aftrekking te realiseer.
Beleggers het ook die opsie om in ’n agri-fokus fonds te belê, waarvan die onderliggende bates ’n intensiewe bloubessie-boerdery en medisinale boerdery naby Stellenbosch insluit.
Artikel 12J is egter onderhewig aan ’n sonsak-klousule en verval in sy huidige formaat in Junie 2021. Beleggers sal dus moet vinnig spring om te vermy dat hulle nie hierdie belastingvoordeel in die 2020 belasting-jaar misloop nie.
Besoek gerus Anuva Investments se webtuiste by www.anuvainvestments.co.za om meer inligting te bekom of kontak my direk by jamesr@anuvainvestments.co.za.